Ligging:The Palace, Sun City
Kleredrag : Formeel
Ons was ongeveer 12 jaar oud toe ons mekaar ontmoet het by 'n kinderpartytjie, van 'n vriendin van ons. Wie sou kon dink dat ‘n paar ure saam op daai ouderdom ‘n knoop in jou hart sal maak vir altyd. Toe ek skole skuif in 2014 na Curro Bankenveld, was hy ook daar, hy sê dat ek destyds myself blind gehou het, maar ek onthou dit anders. Hy was nie lank daar nie toe verlaat hy Curro en gaan in middelburg skool. Many Moons later, 1 Januarie 2020, kry ek “n boodskap van Jay Jay op instagram wat sê hy en Dirkie is by 'n vakansieoord nie ver van die plaas in Thabazimbi nie, en so is ons heel toevallig ook op Boesmanland in Thabazimbi. Die tweetjies het toe vir my kom kuier op die plaas en toe begin my avontuur saam die mooiste mens wat ek ken. Jay-Jay jy sal vir altyd ‘n spesiale rol in ons verhouding speel.
Julle 2 is my favourites ❤ Mag ons nog baie Push Centre's saam besoek
'N Luisteraar, samesweerder, berader en ook deel van genot en smarte. reg langs jou is waar ek sal wees!
Kan nie wag om langs jou te staan nie. Dit gaan 'n baie spesiale dag wees ❤
Kan nie wag nie, bly altyd so oulike liefdevolle mens soos wat jy is ❤
Ek het blydskap in my hart dat my vriend iemand ontmoet het wat vir om soveel liefde kan terug gee en wat vir hom alles wil doen om hom te laat special.
Ek voel asof die twee die res van hul lewens saam langs mekaar sal deurbring, terwyl hulle die hele pad glimlag
Sy is n “keeper”. sterkte met jou nuwe pad
Like 2 peas in a pod! Gesinsbyeenkomste word net beter!
Ek is baie bly dat twee sulke mooi mense mekaar gevind het julle twee verdien net die beste.
Onpretensieus eg, Goedhartig, ambisous, avontuurlistig, lojaal, liefdevolle aanvaarding, romanties, sagte hart, vrygewig en vriendskaplik. Die tipe man wat baie meisies droom om te hê.
Hierdie Is net ‘n paar woorde om te beskryf hoe finomenaal hy is. As jy hom ken soos ek, straal sy eienskappe soos sonskyn in jou hart. Ek is geseënd.
- liefde, Nonna
❤Ek is baie lief vir jou ,
❤Jy maak my altyd glimlag,
❤Jy maak my gelukkig,
❤Jy laat my veilig voel,
❤Jy is my beste vriend,
❤Jy is my begin en einde.
❤Toe ek vir jou kyk, het ek nie jou gesien nie ek het my vandag more en die res van
my lewe gesien.
- liefde, Appel
en toe draai my hart na jou toe soos 'n sonneblom na die son en sedertdien kon hy nog nie wegkyk nie.
"Omdat kinders welkom is versoek ons hulle name"
Boodskap